Caputh

Caputh [ka'pu:t] is 'n dorp in die munisipaliteit Schwielowsee in die administratiewe distrik Potsdam-Mittelmark (deelstaat Brandenburg, Duitsland). Die eerste historiese verwysing na Caputh dateer uit die jaar 1317. Op 31 Desember 2002 het die selfstandige dorp Caputh met die buurdorpe Ferch en Geltow saamgesluit om die nuwe munisipaliteit Schwielowsee te vorm. Caputh is suidwes van Potsdam aan die Schwielow- en Templin-mere geleë. Die Havelrivier vloei deur albei mere. Naas sy natuurskoon, wat veral by watersportentoesiaste en stappers gewild is, het die "bloeiseldorp" Caputh deur die Slot Caputh, sy dorpskerk en die somerhuis van Albert Einstein bekendheid verwerf. 'n Veerboot verbind Caputh met Geltow.


Developed by StudentB